EDUPLEX Hoërskool
Die Hoërskool bied gehalte-onderrig binne die grense van ‘n gebalanseerde waardesisteem.
Kleiner klasgroepe is die deurslaggewende faktor vir ‘n gebalanseerde leeromgewing. Binne die klaskameromgewing bied dit geleentheid vir kreatiwiteit, samewerking, kommunikasie, kritiese denke en kennis oor wêreldwye gebeure. Die vaardighede en kreatiwiteit van ons leerlinge word optimaal ontwikkel deur ‘n holistiese benadering tot die kurrikulum, wat moderne onderwysmetodes en tegnologie insluit.