HOEKOM EDUPLEX?
Wat bied Eduplex Voorskool aan?
Eduplex is ‘n skool wat besoekers in verwondering laat.
Ons het kinders vanaf graad 0000 tot en met matriek.
Ons voorskool bied ‘n koesterende, stimulerende en prettige leeromgewing vir kinders vanaf 2 jaar 10 maande (van die doeke af) tot en met 6 jaar. Ons fokus is om ‘n taalryke omgewing te skep vir die ontwikkeling van luister-, taal- en sosiale vaardighede. Spel vorm die kern van alles wat ons doen.
Ander aktiwiteite wat deel vorm van ons daaglikse program sluit in beweging, musiek en terapeutiese perdrylesse aangebied deur ‘n gekwalifiseerde Equi-terapeut.
Hierdie aktiwiteite bevorder ons kinders se ontwikkeling in die geheel.
Ons interaktiewe tuine, wat al toekennings ontvang het, is ‘n uitbreiding van ons klaskamers en bied ‘n unieke leerervaring.
Ons kinders word aangemoedig om vrae te vra, krities en kreatief te dink en selfvertroue te ontwikkel.
Elke klaskamer is toegerus met optimale klankversterking sisteme, om te verseker dat ons kinders die onderwysers ten alle tye duidelik kan hoor.
Ons voorskool dien as ‘n internasionale model vir inklusie.
Ons fokus op groot motoriese ontwikkeling sluit in klim en klouter, balle skop, hardloop, rol, spring, fietsies ry en vele meer.
Eduplex Voorskool bied wêreldklas fasiliteite waar ‘n stewige fondasie gebou word, waarop die laerskool kan voortbou.
Kom kuier en beleef
Eduplex Voorskool vir uself.
BESPREEK ‘N TOER
Gr. 0000 – 12
Vul u besonderhede in: