Waarom u kind by ons Musiekakademie moet aansluit:
- By hierdie unieke musieksentrum ontvang jong musikante professionele onderrig.
- Ons streef daarna om ‘n waardevolle bydrae tot musiekonderrig in Pretoria te maak.
- Ons wil graag ‘n liefde vir musiek vestig en terselfdertyd ‘n hoë standaard volhou t.o.v. alle aktiwiteite wat by die sentrum aangebied word.
- Ons het jaarlikse musiekbeoordelings en berei leerlinge voor vir praktiese en teoretiese eksamens.
- Die EDUPLEX Musiekakademie kweek eensgesindheid en bied ‘n wye verskeidenheid van onderrig en musikale aktiwiteite aan.


“Music is the strongest form of magic.”
“Music produces a kind of pleasure
which human nature cannot do
without.” “Music is the language of
the spirit. It opens the secret of life
bringing peace, abolishing strife.”
ONS FASILITEITE
-
Twee ruim musieklokale
Word gebruik vir onderrig, soirees, interne eksamens, opnames, vergaderings ‘n klein funksies.
-
Kennisgewingborde
Hou leerlinge en onderwysers op hoogte van die nuutste musieknuus.
-
Musiekbiblioteek
‘n Groeiende versameling van solo- en kamermusiek-repertoire, asook opvoedkundige musikale speletjies.
-
Tuine en buitemuurse musiekteater
Ons voorsien ‘n rustige omgewing vir musikale aktiwiteite. Ons buitemuurse musiekteater is tussen die laer- en hoërskool geleë. Dit is omring deur pragtige tuine en is ‘n volmaakte piekniekplek vir konserte en soirees. Ons hou gereelde piekniekkonserte asook buitemuurse leerlingekonserte.
Die Musiekakademie voorsien:
-
Musiekboeke en instrumente wat namens leerlinge gekoop kan word.
-
Musiekinstrumente wat teen ‘n bekostigbare tarief by ons Musiekakademie gehuur kan word.
DEELNAME
Leerlinge van die EDUPLEX Musiekakademie het die geleentheid om aan verskeie, musiekkonserte, meestersklasse en ons eie EDUPLEX Musiek Eisteddfod deel te neem.
Ons het tans ‘n junior- en senior-ensemble, ’n Orkes en ’n Hoërskool Band wat leerlinge die geleentheid gun om saam op te tree.
ONS BIED
‘n Wye verskeidenheid musieklesse by ons Musiekakademie. Ons het gereelde leerlingekonserte en geleenthede waar leerlinge kan optree.
Ons bied ook onderrig aan leerlinge wat nie aan EDUPLEX verbonde is nie.
Indien u kind belangstel daarin om by ons Musiekakademie aan te sluit, stuur `n epos aan music@eduplex.co.za of volg hierdie skakel. Een van ons musiekonderwysers sal met u in verbinding tree om ‘n les en ‘n dag te reël wat wedersyds geskik is.
Hier volg ‘n kort beskrywing van die musiekprogramme wat by die Akademie aangebied word:

INDIVIDUELE MUSIEKLESSE
PIZZA (Graad 1-3)
EDUPLEX JUNIOR ENSEMBLE (Graad 1-3)
GEKLEURDE NOTE (Graad 1-3): Klavier of Blokfluit
EDUPLEX MUSIEKAKADEMIEORKES (Graad 1-12)
EDUPLEX HOËRSKOOLORKES (Graad 8-12)


