In hierdie voorskoolse omgewing fokus ons op:
 

  • Kinders wat leer deur middel van selfontdekking, kreatiwiteit en eksperimentering.
  • Die ontwikkeling van luister-, taal- en sosiale vaardighede.
  • Onderwysers en klaskamerassistente wat daarna streef om elke kind ‘n beter weergawe van hulself te maak.
  • Catering@Eduplex is daarop ingestel is om twee gebalanseerde maaltye en ‘n vrugtehappie daagliks aan ons kinders te voorsien.
  • Ons naskoolse personeel wat daagliks toesig verleen tot 17:15 teen ‘n addisionele koste.

DIE VOORSKOOL IS TROTS OP HUL UNIEKE
KLASKAMERS EN VEILIGE INTERAKTIEWE TUINE

Colourful and creative classrooms are acoustically treated.

Kleurvolle en kreatiewe klaskamers is akoesties ingerig

Optimal sound amplification in every classroom.

Optimale klankversterking in elke klaskamer

Interactive gardens are an extension of the classrooms.

Interaktiewe tuine as ‘n verlenging van die klaskamers

Weeklikse terapeutiese perdrylesse

Weeklikse terapeutiese perdrylesse

“ By EDUPLEX word `n generasie gebou in `n veilige en gekoesterde omgewing met die vermoë om God se stem duidelik te hoor en hulle gedagtes daar rondom te vorm.”

Karli Viljoen

BUITEMUURSE
AKTIWITEITE
VIR KINDERS IN
GRAAD 00 EN GRAAD R.

Dwarsdeur die jaar:

  • A+ Studente
  • Pottebakkery
  • Musikmakers
  • ‘Dance Mouse’
  • Junior ‘Gym’
  • ‘Gym Tots’
  • ‘Playgolf’
  • ‘Tiny Toks’
  • Netbal Akademie
  • Sokker Akademie
  • Krieket Akademie

Seisoenaal:

  • Bulletjie Rugby

ALGEMENE INLIGTING

SKOOLTYE

07:45 – 13:45

NASORG

13:45 – 17:15

SKOOL KWARTALE 2024

KWARTAAL 1 17 Jan – 20 Mrt
KWARTAAL 2 9 Apr – 14 Jun
KWARTAAL 3 10 Jul – 20 Sept
KWARTAAL 4 9 Okt – 5 Des

SKOOLGELDE EN INSKRYWINGS

Laai ons Fooistruktuur en Aansoekvorm hieronder af. Aansoekvorms kan per-epos of per hand by ons voorskoolontvangs afgelewer word.

KLEREDRAG

Ons kinders leer deur speel en word aangemoedig om te eksperimenteer en te verken met verf, modder, water, klei, blinkers, gom ens.

Stuur asseblief u kind skool toe in gemaklike klere waarin hulle kan speel en waaroor ons nie hoef te bekommer as dit vuil word nie.

Ons hoofdoelwit vir ons kinders is dat hulle die oomblik vrylik kan ontdek en geniet. Pak asseblief twee stelle ekstra klere en onderklere in jou kind se sak.

Clouds Banner

Eduplex Voorskool is ’n belewenis wat jou kind nie moet misloop nie!

Die eerste vyf jaar van ‘n kind se lewe is die belangrikste vir hul ontwikkeling. Tydens dié ontwikkelingstydperk word miljoene ‘paadjies’ in die brein gevorm – die meeste in enige ander stadium in hul lewe.

In die vormingsjare ontwikkel en leer kinders hoofsaaklik deur spel. Ander faktore wat hul ontwikkeling beïnvloed, is gene, voeding, fisiese aktiwiteite, gesondheid en die gemeenskap.

‘n Omgewing waar kinders hul sintuie kan gebruik, vrae kan vra, probleme kan oplos en terselfdertyd sagkens deur ’n kundige persoon gelei word, is uiters belangrik om die fondasie vir die res van hul lewe te lê.

By Eduplex Voorskool word kinders se ontwikkeling voorop gestel juis omdat ons – nes ouers –  die beste vir kinders wil hê en weet wat kleuters nodig het om te leer. Die klaskamers, tuine en speelterrein is so ingerig en toegerus dat peuters en kleuters van so jonk as twee jaar en 10 maande kan klim en klouter, voel, vat en ruik.

Ons dagprogram is gegrond op sekere aspekte van die “Curiosity approach” wat die nuuskierigheid van ons leerders prikkel om meer selfontdekking te doen. Dié kontemporêre benadering tot vroeë kinderontwikkeling leer kinders noodsaaklike vaardighede soos kritiese denke, spanwerk en kommunikasie. Dié vaardighede kom handig te pas op ‘n persoonlike en professionele vlak in ‘n wêreld wat bykans daagliks verander.

 

 

 

 

Jou kind sal aan die volgende uitsonderlike ervarings en voordele by Eduplex Voorskool blootgestel word:

  • ’n Warm, vriendelike atmosfeer, ruim klaskamers en onderwysers wat elke kind persoonlik leer ken en hul unieke behoeftes en persoonlikheid in ag neem. Vir Eduplex-kinders is skool LEKKER!
  • Unieke speelterreine met baie geleenthede om hul sintuie te gebruik, te beweeg en vuil te word.
  • ’n Musiekprogram wat die gedeeltes van die brein stimuleer wat verantwoordelik is vir lees, wiskunde en emosionele ontwikkeling.
  • Weeklikse terapeutiese perdry-aktiwiteite.
  • ʼn Bewegingsprogram, want ‘n gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees.
  • Twee gebalanseerde maaltye en ’n vrugtehappie elke dag.

Al die bogenoemde is by die skoolgeld ingesluit.

 

Ons model:

  • Onafhanklike, Christen-privaatskool met ‘n Bybelse wêreldbeskouing.

  • ‘n Keuse van Afrikaanse en Engelse klasse.

  • Akoesties behandelde klaskamers.

  • Puik leeromgewing met interaktiewe tuine.

  • Optimale gebruik van wêreldklas-tegnologie.

  • Hoë personeel-tot-leerlingverhouding.

  • Hoofstroom

    Kom besoek ons skool gerus en ervaar self die kleure, geure en geleenthede!

     By Eduplex is elke dag Opedag!